Pra(da) met jou plante!

27 Sep tuin (47)

This slideshow requires JavaScript.

Dit is nie verniet dat die natuur-kenners sê dat ‘n mens met jou plante moet praat nie. Waar sommiges se passie in ink lê; op die sport veld; in die wingerde; in ‘n hospitaal; agter die lense van ‘n kamera; agter ‘n lessenaar of op die verhoog, lê my ma se passie in haar tuin.

Om met haar plante te praat is soos om gedigte op die natuur te skryf. Plante se kleure en geure is soos mooi woorde wat die natuur vir jou fluister. My mamsie is lief vir elke hoek en draaitjie van haar tuin, selfs die boorgatwatertenk is met ivy bedek en toegeplant om ‘n mooi ‘hoekie’ te skep!

My ma se tuin het karakter, wandel padjies en hoekies vir elkeen om sy eie rusplekkie in die tuin te vind.

Plante praat ook nie terug nie ;)

Foto’s deur Jana Jonsson van Limelife Studios

Tags:

In His footsteps…

20 Jun

He who made your little toe

One left and one right

He will lead you where to go

One foot forward and not one out of sight

He shows you reason and how to know

One true and one false

He made your eyes like a window show

One heart and one pulse

He leads with love, love to forgive

One right from one wrong

He who leads us to believe

One soul and one song

He who carries us when we fall

One God and one you

He walks alongside us all

One path…

Where are you headed to…

Tags:

Geloof, Gelief en Gelei*

10 Apr

As korintiërs oopslaan vir geliefdes met wimpy-koffie in die hand

Dan word geduld met eens voor die toets gelê,

wie sou dink dat wysheid hou verband

in die genot en wat die pols sal sê.

*

‘n Tikkie suiker vir liefde al is die koffie reeds so soet,

Hy is die dag van môre en nou 

en die rekening reeds vergoed,

swart of wit, swak of sterk, dalk vlou.

*

Suikersakkie moenie klont,

want die drie grootstes sal dan bitter  bly,

bruinsuiker, witsuiker rond of bont,

Geloof, gelief en gelei!

*

Tags:

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.