Tel die Swartskape voordat jy slaap!

Odette odette odette,

Dorper, Merino, brandmaer of vet.

om moed te hou en deur te druk,

weet jy hoe dit voel as mens vrugte pluk.

Koshuis, loshuis of ouma, ja, sy,

reghuis, veghuis, ‘n tronk sal dit bly.

Schoeman, schoeman, schoeman, schoeman,

drama, tragedie, nee, ‘n roman.

Glad nie lig, glad nie fyn,

So stil, onskuldig,  almal was eendag klein.

Swartskaap, Wolskaap, toegedraai in wolf,

Weet jy dan al hoe lyk die see en sy golf?

Wie is volgende op jou opgeskorte spoor,

Tel die swartskape voordat jy die trein kan hoor…

State of the art(s)*

Eartha Kitt \”An Englishman needs time\”

‘n Parodie, Eartha Kitt, and you thought an Englishman needs time…

as you’ve guessed I’m continental
Romantic and sentimental
And I look on theatre as something of an art
But I’ve found that nationalities
Have different formalities
When dealing with affairs of this art

Now the Spaniard needs a soft guitar
And a balcony to climb
While the Portuguese needs
the breeze in the trees
But South Africans need time

The Italians long for an operatic song
Or a soft Sicilian wine
Well, the French deal in love
At the drop of a glove
But South Africans need time

They’ll admit to an attraction
But show no reaction
Your submission ends in a D

What goes on in Their heads
Is completely suppressed
What else do you expect from the NAC?

The Viennese need a waltz by Strauss
or a glockenspiel’s sweet chime
While the Dutch like to sing and theatre is king
South Africans need time

A New Yorker’s needs is variety and speed
and to be found at the drop of a dime
At Hollywood though, they need nothing at all
But South Africans need time

They’ll meet you maybe Monday night
But unless it’s quite unique
They’ll call you up around Wednesday noon
You’ll get answers Thursday week

Though you’ll have to wait
They may work up to a date
But if their really mad for you
They will tenderly say :
You look smashing today
And dissapear into the loo

When you think is all over
The Arts Council arrives in a very purposeful way
But if they mention sponsors
No, it’s not what you thought
they want you to work for no pay

Now in Australia, build their opera house
for a soprano in her prime
While an Eskimo play needs a whole lot of snow …

But South Africans need time

Now, I love all South Africans
but you must admit, they are terribly
post-everything…

But after all, it’s said and done
and the battle is finally won
artists…
let’s contemplate …
Who wouldn’t wait
for a Council …

to take their …

… time.

Weskus plakkies

 

Karakter: Middeljarige vrou, getroud, geskok en standvastig in die huwelik.

Ek het sommer een more besluit om by Pick ‘n Pay se klere afdeling in te loer om vir my man ‘n paar plakkies te koop. Ek het hastig by die huis uitgeswaai met ‘n sweempie van my gunstelling parfuum. My suster het op daardie stadium by ons gebly, want sy was nog besig om haarself te ‘vind’ en vaste inkomste was nou nie juis meer ‘n tafelgesprek nie. Dié het by die kombuistafel gesit en blokraai invul.  Ek is toe daar weg. Ek het ‘n parkeerplek rég voor Pick ‘n Pay gekry, ek was nie juis baie hastig nie, want soos dit my betaam is ek ‘n huisvrou en ek hét die wêreld se tyd vandag. Ek syfer toe daar tussen die winkelrakke in opsoek na plakkies. Daar tussen die Spiderman onderbroekies en die toilet matte vind ek toe plakkies. Groot verskeidenheid, maar niks o moor huis toe te skryf nie. Hierdie weskus-plakkies staan my toe nou nie aan nie.  Nou wat nou. Gelukkig sien ek ‘n man staan ook by die plakkies ‘afdeling’. ‘n Man met ‘n geweldige persoonlikheid, soos hulle iemand in die Rooi Rose sou beskryf. Met sy tipiese Jenna Clifford trouring, skets ek gou vinnig vir my ‘n prentjie van hoe sy vrou lyk, seker maar effens afgewater. Ek het self maar vaal gevoel so tussen die kleurvolle kinderkleure en “Pick ‘n Pay” versierings.  Elkgeval, hy help my toe ‘n paar kies. Wens my man kon bietjie self sulke goedjies doen, maar nee, as hy kon kies sou hy eerder saam my suster blokraai sit en invul. Behulpsame man. Hy het hierdie hulpvaardigheid van hom seker beskou as iets wat beloon moet word, want so vra hy toe sommer my selfoonnommer. Nou met hierdie tipe van goed is ek nie juis taktvol nie. Ek vererg my sommer toe dat hierdie plakkie-jagter my as een van die ‘SMS Date Club’ aanhangers beskou.  In my onsteltenis dat daar wel sulke platvloerse plakkie-draers van mans bestaan, word my inkopies kort geknip en ek koop toe net nog ‘n Rooi Rose sodat my man ook maar ‘n blokraaisel het om in te vul.

Deur : Hestelle Jonsson : 5 Maart 2008

Ordinary Miracle

bs23091.jpgbs23091.jpgbs23091.jpg

What if you had an ordinary miracle?

Would you stay awake and watch it fly

or sit back and it let it pass you by

You’re a woman

Trying to be a wife

A woman having to fight this life

But no-one could blame you if you fail

What would you do with that ordinary miracle?

You used it up and you used it wrong

Is this the place where you, you belong?

You’re that woman trying

You’re that woman crying…

Uitsig^

photo-0075.jpg

Jy is my uitsig …

Jy kyk na my met oë wat my laat weet wat ek verdien…

‘n Kruis met liefde op hang aan my strandhuis se deur…

Wanneer sou ek dan onthou wat het in die verlede gebeur…

Naelpolitoer, resensies en gaaitjie-drukkers lê rond,

maar met die aanmars van middernag weet ek…

my hart is weer gesond.

As die skoen pas, dra hom*

images2.jpg

Twee maande se repetisies en 12 optredes later, klim ons van die teatervloer af en is ons weer deel van die gehoor. Ek wonder of WONDERLIK nou eintlik die woord is wat ek wil gebruik, maar ek moet sê dit beskryf nogal my ervaring en is redelik opsommend genoeg!! Soveel so dat ek, met my klein rol in die produksie, nie kan wag om ‘n volgende soortgelyke produksie aan te pak nie!!

Elke woord van elke liedjie wat in Aspoestertjie gesing is, draai so in my kop, dat ek self in my middagslapie wakker word en myself vind waar ek so wysie neurie! Ek het nooit gedink ek kan binne ‘n kwessie van 2 maande so geheg raak aan 36 vreemdelinge nie! Met Saterdagaand 18h se optrede, The Grand Finalé, het dit gevoel soos die heel eerste optrede, opnuut het daar daardie vlindertjies in my maag ontwaak, van voor af was ons met standby so opgewonde om net die show te begin, en opnuut het ons die waardering van die geleendheid raak gesien!

Natuurlik was daar ‘n paar streke uitgehaal, spesiaal net vir die laaste aand. Die tegniese studente wat briefies in die stiefsuster se spieëltjie skryf…die dief wat onbepland in die volgende scene een van die dorpsmense se broeke steel, en dit dan aantrek vir sy volgende scene… en ek…ek was een van die dorpsmense in die storie, groente koop, vleiskoop en liedjies uit volle bors sing was my rol! En vir die laaste optrede het ek al hierdie klein takies van my net nog bietjie vergroot, en nie een wortel gekoop nie, maar sommer 4, my mandjie moes ek oorlaai, want daar is dan niemand wat na my ooit weer by die groente-stalletjie ‘n draai gaan maak nie…

Om elke dogtertjie en seuntjie in die gehoor se gesiggie te sien soos wat hulle elke stukkie van die verhoogstel admireer, was werklik nie iets wat mens sommer elke dag sien nie, om vir 6 dae elke dag 300 kindertjies te sien wat absoluut glo in die Aspoestertjie fantasie was vir my alklaar ‘n fantasie op sy eie!*

Aspoestertjie se prins het haar kom haal…die skoen het aan haar voet gegly…en die stieffamilie…aartappelskillers!

En toe hoor jy die uile roep…

images8998.jpg

Op ‘n ou sentimentele handgemaakte hout bankie sit ek… Dit voel soos ‘n paar minute terug wat die uile geroep het, en ‘n ander gesprek met my gevoer het. As ek kon raai sou ek sê dit was ‘n wit uil, een wat geluk bring en nie hartseer nie. of hoe?

Ek wens ek was in Harry Potter waar ‘n wit uil vir my ‘n pos pakkie kon kom aflewer en die uil die simbool van iets was om aan te klou, want die pospakkie mag dalk al wees waaraan jy kan klou.

Maar in die gleuf van tyd wat ek gemis het, besef ek, op dié houtbankie, handgemaak, afgewerk en tog so sentimenteel…daar is geen pospakkie nie, en selfs die uile se geroep, hoor ek slegs in die gedagte van wat eens was…

Wie Pra(at)da?

casvx7m6.jpgcai3crrd.jpgimages7898.jpg2.jpgca74efwg.jpgimagest.jpgcaarkrfc.jpgcawa3gr0.jpgimages4.jpgimages123.jpg

Met keuses van skinny jeans. Prada. Luiperd(vel). Blompot-skoene, en mense wat sommer net oornag besluit het valletjies rokke is nou eintlik ouderdoos, is dit geen wonder dat mense sê anything goes nie.

Dit is juis met soveel keuses wat mens het wat om aan te trek, en soveel moontlikhede van wat jou smaak nou eintlik kan wees, dat dit vir my eintlik ironies is as ek kyk hoe elke fashion editor hul bes probeer om die bladuitleg van die mode-bylae so aantreklik as moontlik te maak. Ek sal self nie omgee vir daardie beroep nie. Dit is ironies vir die eenvoudige rede, dat daar so baie mode-bylaes is, maar niemand regtig daarvan notisie neem nie, en soms so niks-seggend is soos ‘n winkelpop gedrappeer met die nuutste uitrusting.

 Moenie my verkeerd verstaan ek is mal oor die mode-bylae, selfs die koerant advertensie van Game se mode-afdeling trek my aandag! Net die punt waarby ek wil uitkom, is dat die gesegde van Die Nuutste Mode is… nie sag op my oor val nie, omdat die nuutste mode môre weer oud is, sê eerder tendens of iets wat dit meer breedvoerig beskryf. Elkeen het mos maar sy eie tendens(e).

Wel, so oppervlakkig soos dit mag klink,  ek vrêk oor aantrek!

Hoe bewe my stem

kitaar

Hoe bewe my stem dan nou, nou dat ek al die liedjies wat ek aan gewerk het, en ken lekker soos die palm van my hand, en die elke dag se gespeel op klawers… toe tref dit my…die rede hoekom ek nou eintlik die liedjie(s) geskryf het, jy.

Dit was tog nie voor ‘n té onbekende gehoor nie, en ook nie eers voor mense wat dit nog nie gehoor het nie, sommige wel, maar ander nie. Terwyl ek elke persoon van links na regs, wat rondom my sit, in die oë kyk, en die waarheid in elke liriek persoonlik aan hulle oor dra, is daar tog een persoon se oë wat ek nie sien nie, joune.

Dan vir ‘n oomblik probeer ek my self nie teleurstel en die bewe van my stem oor die mikrofoon te laat weergalm nie, nie van bangheid of van ’stres’ nie, maar van…

hoe bewe my stem, ek het nie gevra dat my stemlippe tussen die holtes van morgagnie moet inbeweeg nie, of dat die bewerigheid nou in my hande moet inbeweeg nie, ek.

na die tyd pak ek maar net weer die output kabel weg, sit die pedaal weer op sy plek,  en hoop ek kry inspirasie vir ‘n volgende liedjie, my eie.

en dan onthou ek my vorige inspirasie, ons.

Terugflits na wat was…

cakpt4kc.jpg

Ek onthou nog die ou dae

Toe pinnochio nog hout was

Ons pappa se das probeer vou

En mamma se skoene aanpas


Kan ons nie net die tyd terug draai

Waar ons popspeel en op swaaie swaai


Kan ons nie net weer roomys eet

Poetse bak en van misdaad vergeet

Want die ou dae het ons geleer


Om van liefde te leef en van haat te vergeet

En die ou dae was net ‘n plesier


Om spontaan te lag en partytjie te vier


Kan ons nie net die tyd terug draai

Waar ons popspeel en op swaaie swaai


Kan ons nie net weer roomys eet

Poetse bak en van misdaad vergeet…

                                                                                  ©Hestelle Jonsson